Wie
is die “Agterryers”?
Die
“Agterryers” (www.agterryers.co.za)
is bloot ‘n webtuiste wat as uitgewer/spreekbuis dien vir die
elektroniese boek “...ek het ‘n boodskap van God om ‘n end te maak aan die broedertwis...”.
Die
titel van die elektroniese boek (“...ek het ‘n boodskap van God om ‘n end te maak aan die
broedertwis...”) is ‘n aanhaling uit ons geskiedenis. Hierdie woorde is geuiter, deur ‘n
onbekende jong man, aan Dr. D.F. Malan tydens die inhuldiging van die
Voortrekkermonument op 16 Des. 1949.
“Dr.
Malan het op sy plek bly staan; dit was vyf voor twaalf. Op ‘n wenk van die voorsitter het die
skare ‘Op berge en in dale…….’ saamgesing.
Daar
was nog net enkele minute oor.
En
toe snel daar ‘n jong man uit die skare na die verhoog, ontwyk ‘n
geregsdienaar, spring op die verhoog en hardloop na die kateder onderwyl hy
uitroep: ‘Dr. Malan, ek het ‘n boodskap van God om ‘n end te maak aan die broedertwis………’ Vlak voor die
kateder waar dr. Jansen die hand afwerend uitsteek en hom toeroep:‘Nee, nee,’...”
Die
Huldejaar 1949, Hoofstuk XVI, “Quo Vadis?” bl. 310-311.
Die
inligting vervat in dié elektroniese boek is gegrond op die waarheid
(geskiedkundige feite) en die Woord van God, en is gratis beskikbaar. (Hierdie
dokument is geformuleer deur gebed, geloof en navorsing oor ‘n tydperk van
byna vyf jaar.)
Die
rede vir ons huidige omstandighede, is duidelik uit die inligting vervat in
hierdie boek. (Sien ook agterblad hieronder)
Elke
Christen behóórt hierdie gratis boodskap te kry!
Jul
broeder in Christus
Heinrich
Kruger. (Info oor die Skrywer) (About
The Author - CV)
Terugvoer
sal waardeer word: hein@agterryers.co.za
The
mere fact that wé have obstacles to overcome is in óúr favour!!!