| Die "Agterryers" | ||
|
|
Suid-Afrika
(S.A.) met sy reënboognasie, verskeie tale en kulture, word gekenmerk deur
sinnelose geweld, terreur,
armoede, siektes, losbandigheid, onderdrukking en rassisme. Asof dit nie genoeg
is nie, is S.A. besig om die stryd teen HIV-VIGS te verloor. Die
stryd teen misdaad, is reeds ‘n verlore stryd, en dit het onmoontlik geraak om
misdaad vanaf die strate (grond) te wen. Die
politici, skryf die oorsaak van ons omstandighede onder andere toe aan die hoë
werkloosheidsyfer en natuurlik, “Apartheid”.
Die “regstellende aksie”, “oog vir ‘n oog” en die “Swart bemagtigings”, “ tand vir ‘n tand”, laat baie
blind en haasbek in ‘n land waar regverdigheid, deur die balk in die
Christendom se oë, ‘n troebel begrip kry.
Jan
Alleman se begrip van, “hulle”, “julle” en “ons”, het daarom selde ‘n dieper
betekenis, as blote “velkleur”. Die
begrip van “waarheid en versoening”, het ook maar ‘n bitter pil geword, wat
daagliks, in die mond van baie rond gedribbel word. Is
“regstellende aksie” en “Swart bemagtiging” dan soveel anders as
“apartheid”(!?). Of sou “rassisme” dan die “swartskaap” of, .... “witwolf” van
ons gemeenskap wees?
|
|
In die vorige bedeling (Apartheidsera), waar ras, godsdiens, taal en kultuur, ‘n noue band of selfs ‘n skynbare eenheid gevorm het, het die geskiedenis van die Christendom ‘n verwronge beeld gekry. Hóé die geskiedenis opgeteken is, is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Die komplikasies in hierdie verband hou vir die Christendom verreikende gevolge in. Die
gesindheid wat ontstaan het agv. die wanpersepsie wat by derduisendes en selfs
miljoene gekweek was/is, is daagliks sigbaar.
Deur
die geskiedenis te ondersoek en die goeie te behou, dit as die waarheid te
koester; die slegte af te sterf (as lesse deur ons voorgeslagte), sonder om
iemand te oordeel (want die oordeel kom ons nie toe nie), maak ons wat en wie
ons werklik is, broeders en susters in Christus Jesus. Nieteenstaande dié feit
openbaar ons, as die Christendom van SA, deur ons lewenswyses, taal en
monumente nie ‘n dankbaarheidslewe voor God nie. Die
ongehoorsaamheid in die verlede leer ons dat dit goedkoper is om uit ander se
foute te leer en met dit as leermeesters kan ons die toekoms aan ons kinders,
teen ‘n winskoop bied......................as ons die saak met God regstel, in
opregtheid!
|